ONS VERHEERLIK U

ONS VERHEERLIK U is die nuutste samestelling van gebede, liedjies en aanbidding deur Dr. Noel Woodroffe en die Congress MusicFactory.

Hierdie kragtige uitdrukking van aanbidding vloei uit die dankbare harte van 'n globale volk wat die majesteit, soewereiniteit en heerlikheid van God vier en sy waardes, karakter en natuur in die aarde manifesteer.""

Die album verteenwoordig 'n belangrike mylpaal in ons korporatiewe reis. Die Engelse weergawe is tydens 'n spesiale sessie in Elijah Centre, die kreatiewe kern van die Congress opgeneem. Die sessie is deur Dr. Woodroffe en sy vrou June Woodroffe gefasiliteer en heiliges van Elijah Centre saam met spesiale verteenwoordigers van die Koninkryk gemeenskaps-netwerk (KCN) in Trinidad en Tobago het saam aanbid.

Sangers en musikante van regoor ons wêreld het toe saamgespan om hierdie aanbiddings-hulpbron in meer as 14 tale te produseer. Nou kan die stemme van heiliges van regoor die aarde gehoor word; die pragtige geluid van lof en aanbidding aan ons Here Jesus Christus.